PediatricDigest

PediatricDigest

Saturday, 7 May 2022

[New post] Die Horlosie

Site logo image Medicine Mommy posted: " Mammas, moet julle ook altyd 2 van die selfde iets vir die sibbe koop?2 nuwe karrretjies, 2 pare skoene, 2 tops, 2 horlosies... Net soos wat ek begin dink ek het nou hierdie mamma-wees-ding onder beheer (julle, dit raak beslis makliker soos hul ouer w"

Die Horlosie

Medicine Mommy

May 7

Mammas, moet julle ook altyd 2 van die selfde iets vir die sibbe koop?
2 nuwe karrretjies, 2 pare skoene, 2 tops, 2 horlosies...

Net soos wat ek begin dink ek het nou hierdie mamma-wees-ding onder beheer (julle, dit raak beslis makliker soos hul ouer word), dan gebeur iets soos gister!

Ek het 'n #epicmomfail oomblik gehad.

Hierdie week was 'n wilde rit... En tussendeur die rondhardloop (dis nou al die werk, kinders, skool, swem, sokker, en darem nou en dan in"check" by my man sodat ons nie té veel verby mekaar begin leef nie), skiet ek gou in Toys"R"Us in om geskenke vir 3 seuntjie-maatjies wat binnekort verjaar, te koop.
Wow, hoe kies mens tussen al die robotte, afstandbeheerde motors, dinosourusse met oë wat ophelder en vreeslik kan lawaai? Darem so 10minute later, maak ek my pad na die betaalpunt (in my mandjie 'n robo-lizzard, 'n DIY fiets wat seuna saam met pappa kan bou en 'n trok met karretjies in sy pens ('carry case truck').
Ek voel in my skik... Dit was nou pynloos genoeg.

By die betaalpunt, vang 'n rak met kinderhorlosies my oog - kleurvol en eintlik lekker ouderwets - dit wys nog die nommertjies met wysers! Alles is deesdae so digitaal...
Ek kies 'n bloue met 'n 'silicone' bandjie - Oudste sal hiervan hou. En dan kan ek hom tyd leer lees. Hy's mos nou al 5 en in Graad R! (Graad R is mos deesdae "groot skool", 'n popperse gráád, met rapporte en uitkomstes en als. Dit was nie in mý tyd so nie...)

Anyhooo...

Ek het vir 'n oomblik oorweeg om vir Boetie ook een te kry, dalk een met dinosourusse op...Maar ek besluit toe om dit eerder weer op die rak se pennetjie in te ryg. Boetie is 3, en nog té klein vir tyd "lees" (of so het ek gedink). Ek wou nie nou R130 "mors" nie.

By die huis gekom, ontdek Boetie toe die sak vol geskenke. Hy verstaan die ander geskenke is die maatjies s'n, maar toe Oudste sy blou horlosie kry, was die teleurstelling op Boetie se gesiggie BAIE duidelik.
Hoe kón ek nie vir hom een gekoop het nie?
Die aand-roetine wat vlot móés verloop, en die kinders wat vroeër in die bed móés kom sodat ons vir 'n slag 'n bietjie alleentyd kon hê, het toe ("needless to say") glad nie so uit gewerk nie.
Boetie was histeries. My pogings tot logiese verduidelikings het natuurlik op 'n 3-jarige se "dowe" ore geval... Hy het op die ou end al snikkend aan die slaap geraak
(met my aan sy sy)...

Hy het darem vanaand, toe ek by hom lê, gesê: "Mamma, jy is "bea-u-ti-ful". Gevolg deur 'n spoegsoen op die wang.

Ek dink ek is vergewe.

Comment
Like
Tip icon image You can also reply to this email to leave a comment.

Unsubscribe to no longer receive posts from MEDICINE MOMMY.
Change your email settings at manage subscriptions.

Trouble clicking? Copy and paste this URL into your browser:
http://medicinemommysa.com/2022/05/07/die-horlosie/

Powered by WordPress.com
Download on the App Store Get it on Google Play
at May 07, 2022
Email ThisBlogThis!Share to XShare to FacebookShare to Pinterest

No comments:

Post a Comment

Newer Post Older Post Home
Subscribe to: Post Comments (Atom)

Latest from Food Politics: Weekend reading: less sugar for kids!

The Global Food Institute at George Washington University has a new report out: Changing the Default: A Policy Roadmap for Reducing Added ...

  • PowKids Clean Protein: Raising Powerful Kids!
    Photo courtesy of PowKids! I received samples of Powkids protein ($79.98 valu...
  • Latest from Food Politics: Weekend reading: Flagstaff anti-hunger efforts
    In September 2025, I was invited by the Flagstaff Family Food Center to give a talk on “Anti-Hunger Politics 2025: Planting Seeds for Resi...
  • Does Lauren Boebert have her GOP primary locked up — or will a lesser-known candidate break out?
    Money. Incumbency. Near-universal name recognition.U.S. Rep. Lauren Boebert [cq ...

Search This Blog

  • Home

About Me

PodiatryDigest
View my complete profile

Report Abuse

Blog Archive

  • June 2026 (26)
  • May 2026 (31)
  • April 2026 (31)
  • March 2026 (31)
  • February 2026 (29)
  • January 2026 (29)
  • December 2025 (32)
  • November 2025 (29)
  • October 2025 (33)
  • September 2025 (33)
  • August 2025 (36)
  • July 2025 (40)
  • June 2025 (24)
  • May 2025 (17)
  • April 2025 (16)
  • March 2025 (16)
  • February 2025 (11)
  • January 2025 (6)
  • December 2024 (8)
  • November 2024 (8)
  • October 2024 (8)
  • September 2024 (1481)
  • August 2024 (1712)
  • July 2024 (2057)
  • June 2024 (2105)
  • May 2024 (2319)
  • April 2024 (2069)
  • March 2024 (2286)
  • February 2024 (2422)
  • January 2024 (2539)
  • December 2023 (1955)
  • November 2023 (1449)
  • October 2023 (1186)
  • September 2023 (1072)
  • August 2023 (826)
  • July 2023 (771)
  • June 2023 (793)
  • May 2023 (829)
  • April 2023 (707)
  • March 2023 (753)
  • February 2023 (673)
  • January 2023 (752)
  • December 2022 (706)
  • November 2022 (731)
  • October 2022 (701)
  • September 2022 (694)
  • August 2022 (716)
  • July 2022 (752)
  • June 2022 (845)
  • May 2022 (1011)
  • April 2022 (1138)
  • March 2022 (596)
  • February 2022 (423)
  • January 2022 (449)
  • December 2021 (581)
  • November 2021 (1495)
  • October 2021 (1539)
  • September 2021 (1455)
  • August 2021 (196)
Powered by Blogger.